Saturday, 12 March 2011

to whom it may concern.........……….

ek is nie Delta Dawn
my blom ek dra lank nie verlep
my wasgoed wapper nie op n geroeste lyn
die doring in my vlees
lank nie meer n pyn
ek sit nie op die stoep soos n wees
en droom van liefde eens vervloe
ek dans partymaal in kroee
ek is nie Delta Dawn
al my mores skyn helder voor ek sterf
daar is geen brandsiek hond op my werf
daar is nie n tattoo hartjie met
‘I love Tiny’ in my bo arm geset
geen vaal pienk flamink in die tuin
maar ek hou darem van wyn
my wasgoed is trots-wit in die wind
ek gil nie histeries op n vuil bek kind
ek dra nie curlers en perms
ek dra nie fluffy pienk slippers en crimpelene
ek rook nie Lexington
ek vee nie paving van beton
ek kla jou nie
ek pla jou nie
ek sit landmyn-kalm op my stoep
ek add nie whom it may concern
of heil die leser op my pos
ek rou nie oor gister
ek dra net fasionable swart
ek dra my deurmekaar krulle los
die rys tekort , die osoonlaag
politieke gemors
al daai dinge is ander se pyn
ek gil nie afrikaners is plesierig
ek dra rip-off jeans
ek eet met my hand
ek dra sleutels aan n band
ek is nie Delta Dawn
ek het nie tyd om heeldag te wag
ek hou van huil ek hou van lag
ek is commin
ek is smart
ek is n lady
ek like manne met baard
ek is ek
so gemaak en so gelaat staan
ek dans kaal in die volmaan
take it or leave it
chuck it or believe it
…………………
to whom it may concern

No comments: