Eens op n tyd
Was teer strate wyd
Ons kon tien sent se toffies koop oppie hoek
Ons kon boom klim, al wys jou broek
Honde was vir speel en lag
Seuns was net matergoed
En sondag n kerk hoed
Toe ons weer mooi kyk
Werk ons almal en wens ons was ryk
Stel ons alles uit vir die eendag as…
Vir waneer dit ons lewens sal pas
Het ons fietse en kort broeke geruil
Vir travel met n bmw in styl
Waarvoor sal ons nou sing, ons raak stil
Ons lees die koerant met n bril
Ons trek aan soos dit society pas
Rakke en rakke hard vediende geld in die kas
Wat ons harte voel maak geen meer saak
Ons glo nie in klasvakie vir die vaak
Ons aanvaar seer kry sonder pleister vir die seer
Bere ons harte want liefde bestaan nie meer
Ons gooi alles een kant toe weg vir dertig silwer munt
Ons vergeet die drome en wense van die binne kind
En waneer ons besef dit was n gejaag na wind
Is dit te laat om ons siel weer te vind
Dan sit ons op die stoep
Luister na die visvanger se roep
En wens ons ons het ons hart meer geluister
Want vals was die gefluister
London se strate is nie bedek met goud
En lank se vergeet gee ons hart n lyk se koud
No comments:
Post a Comment