Ek wens ek kon jou hand vat
wil jou vat na die rollende groen heuwels van Natal
Daar in die klowe van Drakensberge
Daar waar die lug skoon is
en die heuwels groen,
Daar waar melk vars is
en God Sy glimlag laat skyn
Ek wens ek kon jou vat
en vir jou die Paradys gaan wys
Ek wens jy wou gewillig saam loop
Sodat jou gemoed kan heel
Ek wens jy wou my toelaat om jou te red
was jy nog maar n kind
Kon ek jou woede uit jou uit sus
Was ek sterk genoeg om gehoorsaamheid af te dwing
Ek wens jy kon verstaan
Jou siel het salwing nodig
Om jou hart skoon te was
met n suiwer traan
die Vallei van Duisend Heuwels sal jou omhels
en stil jou gemoed streel
Ek wens jy wou my toelaat om die frons weg te streel
Om jou weer te laat lag
Neem my hand net vir n dag of ses
Kom loop saam na water waar rus is
Kom kyk na God's les
In stil bewondering sal ons staan
Net loop en dink
en vertoef onder die maan
Gee my jou hand en loop saam
Laat my toe om daar , in stilte by jou te staan
No comments:
Post a Comment