Wednesday, 05 December 2007

Jeanne d' Arc

Dapper jy o skone kind
Jou roeping gesing vir jou in die wind
die stemme het met jou kom praat
maar jou geveg nie met n swaard

klein tyd al het daai asuurblou oge geweet
moedswillig het jy jou koers gekies
onverskrokke sonder raad het jy jou tree gemeet
en oor ons raad het jy jou nie verknies

met mense wat ons nie kon sien het jy gesels
op dakke geklim geen erg aan wat die lewe behels
van geboue gespring

o jy my prag blou oog nooi
ek onthou toe jy maar ne paar dae oud was
gesiggie op n woedende plooi
jou frustrasie het jy uit gegooi
om te lewe n geveg , n las

ek onthou die bekommerde dokter,, nie rerig gedink jy gaan dit maak
maar gillend het jy voort gebeur
die lewe het vlak deur jou gevloei
elke slukkie vir jou n gestoei

nou is jy groot oo dapper vrou
jy skyn en skitter en giggel vrolik voort
klouter op elke plek elke gebou
jy die mense om jou se lewens koord

soos Jeanne van vroeer is jy vir my
die engele jou gekies om mee te konvereer
waar jy al jou energie vandaan kry
om so trots en mooi, jy my eer

No comments: