Ek het gewaarsku oor die boks vol pyn
waar toe gedraai en geketting en geslot
Met altyd eina en growwer gryn
hou die kas toe baie bot
Ek het gese los my kas
moenie my uit haal
hou die kettings om dit vas
dis n verkeerde perd om op te saal
het gese jy is uit op n pad van verwoes
Hier binne is dit vol demone en smart
jy het daai deksel oop, nou moet ons koes
als is wild ,, als uit die krat
nooit weer kry ons dit terug in die kas
al die wereld se pyne en haat nou vry
elkeen van die vrygelaat my las
hoe sal ons ooit die dwaasheid gebere kry
nou loop jy aan gepanser na die slag
sonder hoop en krag
sieklik van die demone se mag
die versink in pyn en smag
jy geen idee van die omvang van die bose
jy bring nie lelies of rose
om almal na hul kas terug te stuur
om jou te red van die vuur
die oorlog sal jy nooit verstaan
die werklikhede sal jy nooit beaam
geen besef van wat uit pandora se kas geklim
vir jou is daardie werklikheid slegs n glim
maar ten minste weet ek jy is nou bevry
al is dit nie om te lag saam met my
ek weet jy sal weer my ou vriend vind
en dalk weer speel soos n kind
No comments:
Post a Comment