Friday, 11 January 2008

mense met maskers

mense met maskers
ek en jy
mense met stories hy hy en sy
almal se storie het n wiskey by
mense met maskers
ek en jy

droom is net glas
en seerkry die bars
mense met maskers
ek en jy
vertel maar die verhale as jy wil
skreeu dit dan uit ,, in wind kan jy gi
lmense se stories nie almal daar
sommige dele het hul laat vaar

so kruip hul weg agter mure van klip
jy bly agterwee sneuwel in die wip
mense met maskers
ek en jy
daar is geen drome wat bly

altyd sal die wense vervaag
realiteit kom vat ons aan die kraag
geen skoonheid is werklik of heel
die seer bly soos n klip in die keel

hande vol hoop wil ons toevou
maar op dryfsand word ons drome gebou
geen liefde of drome is ooit waar
die lewe wil net martel en klaar

dalk is die wereld ons ewige hel
en sal ons pyn iewers tot ons voordeel tel
maar tot ons hierdie wereld verlaat
sal ons moet voortstoei in ons smaad

gillend en skreeuend word ons verwoes
vir seer byte en klappe koes
mense met maskers
ek en jy
is 'n leuen sy verhaal die een wat ons kry

so bou ons die smarte self in ons op
draai die dinge alewig in ons kop
droom maar drome oo naiewe kind
tot die bitter se waarheid jy vind

daar is geen rose wat soet ruik daarbui
daar is nie liefde sommer gekry
die geluk is net n waan en realiteit le in ons traan
mense met maskers
ek en jy
mense met stories hy hy en sy
almal se storie het n wiskey by
mense met maskers
ek en jy

No comments: