Wierook walms, draai om my
Draaiende dansend hoor die heelal ,
Fluister die gety
Dansend draaiend sonder om te val
Wie is jy
Hoekom so hartseer
Waarom steel van my
Swaai die wens van n veer
My siel bou ek weer heel
My drome skuif ek reg
Elke dag is nie meer te veel
Vir my geluk het ek geveg
As ek alleen is kom jy nie my hand hou
As ek my trane stort is jy nie daar
Is nie meer jy wat my drome omvou
Hierdie is my wonder wereld waar in ek vaar
In my reise word die groen van my hart verblindend mooi
Die oranje van my emosies skyn soos n vlam
Soos n robyn skitter die rooi
Die dou druppels glinster op die boom se stam
Gaan weg van my nou
Kom terug as jy wil verstaan
Hou op jou koue tentakels aan my klou
Ek leef my golwe op die maan
No comments:
Post a Comment