Tuesday, 08 January 2008

Spoke van Gister

gillend in die stillte in
braak ek die frustrasie uit in die lug
niemand wat hoor en aandag gee
niemand wat die moedelose trane vee
soos die geeste wat in die begrafplaas dwaal
is daar geen vastigheid om aan te gryp
swerende wonde van eers gebyt
die demone van gister verwoes vandag met smaak
nerens n punt net al in die rond
skreeuend storm my woede die leegte in
als wat pyn en opkook soos suur
elke weefsel pyn tot in die vinger se punte
die boosheid wink dat ek dit moet volg
stap saam stap saam kom ek verlos jou van hier

eens vry nou n gevange dier
nooit verlos van die foute gemaak
tot die derde en vierde geslag geraak

net splinters van wreedheid oral gesaai
en vrolike verwoesting in die lug belaai
die stilte om my vol onheil gelaai
klouend suiers van die wreedeseekat

als voel die pyn en seer
teen die bloed wat van die mure afdrup
so is dit hier in my kop se wip
geen lig wat in die donker skyn net haat
alles slymerig groen en vol smaad

die engele van die boosheid hou aan roep
kom saam kom saam
word deel van die groep
hul se verlossing le in hulle skoot
hul vertel kom ry saam met ons op die boot
vaar die swart see van die dood

No comments: