Friday, 30 May 2008

net dit,,,, tyd

heelmaak vat tyd
nagte se wonder en verwyt
antwoorde maar net nie daar
aanvaarding moeilik en swaar
raai en wroeg, binne jou siel
wonder oor wat as…..
of oor miskien……

dalk die anne pad gevat
miskien liewer stil gebly
aanvaarding kom tog wel
stadig heel die gemoed wat knel

die rou wonde groei tog toe eendag
stil verloor deel van die vrag
die verwyte word vrygespreeek
jy vergeet die klanke , die reuk

slaap begin terug kruip
in die nagte so swart
lag vervang die trane,
kwart by kwart

stadig soos die dood se rou
word die lug dag by dag blou

die pad deur jouself word weer glad en oop
die vreugde kom weer in jou loop
eendag klink ver maar kom tog wel
geluk word weer n spel.

No comments: