Friday, 01 August 2008

Waar is al die Hero's Heen

Waar is al die hero’s heen
Waar is al die hero’s heen niemand sal kan se
Wie troos die wat ween
Ons soldate het gaan le

Al die dapper manne het gaan drink
Nerens ‘n perd onthou
Soek hul in hul flashycars
Waar die hoer huis se liggies wink
Een vir een het die helde gevou

Waar is al die hero’s heen
Glo nie daar een meer oor
Hulle name geskryf op monumente van steen
Lankal gegroet in die “bagpipes “ se koor

In die weemoed klank van “Scotland the Brave” gegroet
Het die spoke van die helde van gisteraan
Hul dapperheid in dwaasheid geboet
Net die perde het alleen bly staan

Waar is al die helde heen
Van ‘n tyd lankl gelee
Is dit waaragtig nog net ‘n naam op steen
Waar is hul nou?.... hul asse ter see

Daar is geen helde meer
Almal staan alleen
Daar is geen hero’s meer
Net jy alleen,…. En God se seen.



Skoppelmaai

Woorde wat draai
Gedagtes skoppelmaai
Kanse gebou
Sinne verbrou
Waaiend, draaiend
Gevolgtrekkings gemaak
Om en om skoppelmaaiend
Miskonsepsies en versteekte swakhede
Krake wat deurslaan
Bek hou, aanhou , omgeslaan
Sing maar ‘n liedtjie,…
Speel iemand ooit nog n ramkiekie?
Weet ek dalk wat niemand wil se
Tas ek ma in die donker waar die waarheid le?
Almal ma bietjie gek
Onnodig die waarheid bedek
Gedagtes terug op hok
Noodlot voor stok
Draai draai skoppelmaai
Wie sal ooit die waarheid raai
Sing my n song
Van ‘n eensame boerklong
Leuens opgedress in vere
Vrolik in parade klere
Droom jou sweet drome
Dubbelstik jou jeans se some

No comments: