Friday, 01 August 2008

Hoeveel

Hoeveel sente maak n rand
Hoeveel spelers aan n kant
Hoeveel seerkry is vir elkeen bedoel
Hoeveel trane in n poel
Hoeveel keer mag liefde jou besoek
Hoeveel stof pas in een hoek
Hoeveel mense mag jy berou
Hoeveel lewens mag jy brou
Hoeveel klappe moet jy vat
Hoeveel hartseer pas in n bad
Hoeveel glimlaggies maak n baba groot
Hoeveel wilde als maak mens dood
Hoeveel harte mag jy breek
Hoeveel leuens mag jy versteek
Hoeveel keer was jy nie daar
Hoeveel keer was jou woorde onwaar
Hoeveel siele mag jy trap
Hoeveel drome mag jy oor stap
Hoeveel kinders se lewens gaan jy verwoes
Hoeveel van jou houe kan mens voor koes
Waneer is dit genoeg
Waneer is dit nou net genoeg ?

No comments: