Friday, 01 August 2008

Vir my dogter op haar verjaarsdag

Anita my kind so skryf ek al jare hier vir jou, deel ek jou met die seker drie mense wat my goed lees, vandag verjaar jy, maar lankal nie meer n kind, maar steeds my kind.
Ek sien jou sater dag uit die kar klim, klaar n dame, n vrou, moderne haarstyl en smaak volle uitrusting, die trane loop teen my wange ek jou so kyk, pragtig, self versekerd en in beheer van jou mikro wereld, baba stoel argeloos in die hand, kleuter wat om jou trippel, man wat jou met stille bewondering bekyk,en ek weet dankie Heer ek het goed gedoen, dankie dat ek bly klou het aan hulle deur elke stormsee, dankie vir die kleinseun uit hierdie pragtige dogter wat U my gegee het, wat op my skoot klouter sy blonde haartjies wat ruik na babasjampoe en met sy groot blou ogies my ernstig aankyk en vir my se” Miemie jy my famoelis seksie hot babe, trou met my dank koop ek vir jou ‘n ring en n pienk yskas” Dankie vir die papbek baba, met sy pa se naam wat oopbek vir my lag, Dankie Heer vir ons dra deur die stormsee dankie vir my kinders, dankie vir Genade.
Laat nag kuier ek en jy praat net praat en praat en pak ons einas en drome vir mekaar uit, huil saam lag saam maak saam planne,, ruil tussenin doeke en trek bat man pajamas reg, en skielik is ek en jy wat ek en my ma was toe ek so jong vrou was, vriendinne, so naa aan mekaar, ons vertel vir mekaar die stil pyne in ons hart van maande verby, lag vir mekaar se flaters, en ek verstom my, kan nie glo ek so gelukkig om so geseend te mag wees om na al die dinge en jare al my kinders teen my hart en onder my dak te mag he.
So hierdie seker net so veel n dank aan my Hemelse vader as wat dit n verjaarsdag wens is. Dankie my kind date k nie in ide skadus van jou wereld staan maar in die spreilig van jou show, dankie dat ek jou ma mag wees, mag jy n geseende dag he en net goeie goed jou toekom!

No comments: