Partymaal word ek ook bang. Partymaal wil die spoke my vang. Partymaal soek ek n rustige stem in die nag. Partymaal wil ek nie net lag. Partymaal is ek bang my kinders gaan vir altyd weg. Partymaal het ek ook die reg. Partymaal wil ek ok iemand he my te troos as ek huil. Partymaal,net partymaal kan ek ook fail. Partymaal is ek bang vir my nagmerries ek kry. Partymaal het ek ook worries wat my ry. Partymaal wil ek net "wees" sonder rede. Partymaal soek ek ook net rus en vrede. Partymaal wens ek iemand wil my in fee verhale weer laat glo. Partymaal wil ek somme net gewoon wees so. Partymaal wil ek sonder my make up in plakkies kafee toe gaan. Partymaal wil ek he die wereld moet net so bietjie gaan staan Partymaal onthou ek ook wat het ek als verloor Partymaal wens ek daar was nog iemand wat my kon toor Partymaal verlang ek na dae lankal verby Partymaal verlang ek na dinge wat my kon verbly Partymaal ek ok lus en vra die dokter maar n pil Partymaal word ek moeg vir altyd maar net stil Partymaal raak ek moeg vir ander se verhale van pyn Partymaal wil ek net lag saam iemand oor n glasie wyn Partymaal o. net partymaal raak ek gatvol vir almal se gekla Partymaal wil ek net weet daar iemand wat ek "kom hier" kan vra.......... |
Stukke uit die bundel Versplinterde Siel, deur Ronel Holtzhausen, van my eie olie verf werke,ook hier te sien en jaa.......... daar is nog baie gedigte wat rond float dalk word dit volgende jaar nog "n bundel,,,,,,, maar my bundels is soos 'n ekspose,, mense raak goed bemoerd vir my oor dit wat ek se dink en voel!!! lekker lees
Friday, 01 August 2008
Partymaal
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Ek is mal oor jou gedigte!!! Jy skryf met gevoel!
Post a Comment