Friday, 01 August 2008

Smartlas

Sy staan in die dynserigheid van die aandlug,
Ha kop na onder
Smartlas vasgeknel op ha rug
Hande omhoog
In smekende betoog
En ek wonder
Ja ek wonder
Hoe ek die sware las kan verlig
Die vensters van haar siel is toe gedig
Smartlas in groewe om haar mond
Hande vraend na haar God
Haar oe op haar voete gerig
En ek wonder
Ja ek wonder
Hoe God hierdie sware las sal verlig
Beloftes van gister deur die suide wind weg gesteel
Drome van eens..
Verpleterd
Vertrap
Verskeur ondervoet
Trane soos diamante
Aanmekaar geryg
Skitter wit teen die laaste strale
Van haar pynedag
O’ God ek wonder hoe
O “ God bring krag
Pyn soos warm lood deur are
Waar eens warm bloed gevloei het
Deur n hart gepomp
Hart wat liefde kon voel
Ek wonder
Ja ek wonder
Hoe om die swarelas te verlig
Soos Lot se vrou bly sy staan
Verets teen die opkomende maan
Net n buite lyn
Van mens eens , dalk gewees
Die silwer lig
Haar vroulike lyf omvou
Hande om hoog
Smekend na die heelal
Smekend na krag




Ja jy in gedagtes
In drome
Is sielevreugde
In verre liefde
Is jy… net vir my
N vrou se hart is soos die sterrestelsels
Onmeetbaar groot
Kan alles vat
Kan alles verduur
… vergewe
En raak self gesond na n ontploffing

No comments: