Saturday, 15 November 2008

Ghnumpie

Vir Christo en Johann - Mimi se kabouters...............


Ghnumpie is 'n klein klein mannetjie
Ghnumpie dra sy brootjies in 'n kannetjie
Ghnumpie bly onder die groot boom in die park
Ghnumpie het tot da gekom in 'n ark
Ghnumpie het berg-af gekom in die vloed
weg gespoel met al sy baie goed
Ghnumpie staan op stene om oor die roos boom te sien
In duime staan hy skaars agtien
In jare is hy honderd en twee
Uit 'n okkerneut dop drink hy sy tee
As hy tussen die blomme wag
hoor jy hom dalk uit sy magie lag.
Ghnumpie is van kabouter land se beste
Ghnumpie kom daar,... daar ver van die Weste
Ghnumpie is 'n oulike kerel gewis
Ghnumpie pas die skoenlappers se kolle op beslis!
So as jy die blomme sien ritsel,........
dalk is dit Ghnumpie,...
wag 'n titsel
want 'n skaam knaap is hy gewis
maar 'n oppasser is hy beslis!!!

No comments: